Ossewa Trou & Funksie Laer:
Die besonderse restaurant knus weggesteek tussen welige groen bome en blomme bied vir voornemende besoekers meer as net die gewone plek om te kuier.
Met die mees romantiese uiteensetting is dit meer as die moeite werd om die besonderse plekkie te besoek. Wanneer jy die betowering ervaar wil jy met alles in jou vermoë hier kom kuier, nie net in die rustige tuin nie, maar ook in die absolute unieke restaurant waar meer as een unieke verrassing jou keer op keer laat wens dat jy hier kan bly.
Fanie, wat 'n meester is met die uitleg en bou, veral met pale en klip, het hier 'n stukkie grasdakhemel gevestig waar net 'n besoek om te kom kyk jou spesiaal laat voel.