

Life is God's gift to you...what you do with your life, is your gift to God!
Bestandele:
2kg vars kool, gekerf
1kg uie, gekerf
25ml kerriepoeier
12.5ml borrie
750ml asyn
750ml suiker
25ml sout
30ml mielieblom
Was kool en dreineer goed. Kook kool, uie, suiker, sout en asyn saam tot kool sag is, maar nie pap nie. Maak kerriepoeier, borrie en mielieblom met 'n bietjie asyn aan en voeg by koolmengsel. Laat goed deurkook en bottel terwyl koolmengsel nog warm is. Dit hou baie goed in die yskas.
Bestandele:
2kg vars groenboontjies
500g uie, geskil en in skywe gesny
500ml kokende soutwater
375ml asyn
15ml sout
375ml suiker
30ml kerriepoeier
30ml koekmeelblom
Kerf boontjies en kook saam met die uie tot sag in die kokende soutwater. Dreineer. Kook asyn, sout en suiker 'n paar minute. Meng kerriepoeier en meel met 'n bietjie water, voeg by asyn mengsel en roer by matige hitte tot dik. Giet oor gedreineerde boontjies en uie en meng goed. Skep ingesteriliseerde inmaakflesse en verseël dadelik.
Bestandele:
80g suiker
5ml gemaalde gemmer
10ml mielieblom
60ml asyn
750ml gaar wortels, in blokkies of ringetjies
15ml olie
10ml gerasperde lemoenskil ( opsioneel)
Meng suiker, gemmer en mielieblom in 'n kastrol. Voeg asyn geleidelik by en kook by lae hitte tot dik. Voeg geelwortels en olie by en prut 10 minute stadig. Voeg lemoenskil laaste paar minute by. Skep dadelik in gesteriliseerde inmaakflesse en verseël. Bêre in koelkas na oopmaak.
Bestandele:
12 gewone komkommers(Nie Eng. komkommers)
1.25liter warm water
500ml druiwe-asyn
20ml sout
60ml suiker
5 rooi brandrissies ( opsioneel)
16 peperkorrels
8 lourierblare
10ml speserye vir suurtjies
5 knoffelhuisies
Moenie die komkommers skil nie. Krap dit in die lengte met 'n vurk. Sny in kwarte en dan weer in 1cm stukkies. Meng die res van die bestanddele in 'n diep kastrol en verhit. Voeg die komkommer stukke by wanneer die mengsel kook en bring weer tot kookpunt. Verwyder die komkommer stukke met 'n gaatjieslepel en skep uit in gesteriliseerde flesse. Plaas 'n brandrissie in elke bottel. Dreineer die vloeistof in die kastrol deur 'n sif. Skep 'n teelepel van die gedreineerde speserye in elke fles. Maak die flesse goed vol met die gedreineerde vloeistof. Verseël dadelik.
Lewer 5 liter.
Bestandele:
1 middelslag ui
3 medium tot groot knoffelhuisies
2 lourierlare
1 takkie dragon
3 heel kruienaeltjies
1ml gemaalde neutmuskaat
1ml sout
750ml wit wynasyn
Skil die ui en kap dit baie fyn. Skil en kneus die knoffelhuisies. Laat dit saam met die res van die bestanddele 3 weke lank in 'n toe glasfles in die son trek. Skud die fles af en toe. Syg dit daarna deur en bottel en verseël die filtraat.
Bestandele:
1.5kg dwerguitjies
150g gebleikte sultanas
125g wit suiker
250ml wit asyn
250ml water
125ml tamatiepasta
50ml sonneblomolie
2 ml sout
knippie rissiepeper
Skil die uitjies. Voeg die res van die bestanddele by en kook dit, aan die begin met die deksel op, maar later daarsonder, oor matige hitte totdat die uitjies sag en die sous dik is. Bottel die uitjies warm en verseël dit dadelik.
Bestandele:
In Engelse kroeë word piekeleiers saam met slaai, brood en kaas geëet. Dis ook heerlik saam met kouevleis of as skemerhappie.
14 hardgekookte eiers, afgedop;
4 rooi brandrissies, gehalveer en ontpit;
'n klein stukkie vars gemmerwortel, gekneus;
1 liter wit asyn;
5ml sout;
10ml peperkorrels.
Plaas eiers met rissies en gemmer in inmaakflesse. Prut asyn vir 10 minute saam met sout en peperkorrels en laat afkoel. Bedek eiers met asynmengsel en verseël onmiddellik. Gebruik ná 4 weke.
HEEL GEPIEKELDE PERSKES: - kan ook gesnyde perskes wees - verkort net kooktyd
Bestandele:
2kg meduim taaipitperskes , geskil
heel naeltjies
500ml asyn
250ml water
450g suiker
3 heel kaneelstokkies
3 stukke steranys
Plaas 2 naeltjies in elke perske. Plaas onmiddelik in ligte sout en asyn water. Kook 3 minute in KOOKwater. Pak in gesteriliseerde flesse, sodra stroop gereed is.
STROOP:
Verhit die asyn, water en suiker saam, roer totdat suiker gesmelt is. Laat 5 minute lank kook. Plaas kaneelstok asook steranys saam met perskes in elke fles en gooi kokende stroop tot by die rand van die fles. Perskes moet heeltemal bedek wees. Verseël.. Bedien saam met vleis.
Bestandele:
600g brandrissie
15 swartpeper korrels
5 lourierblare
2 eetlepels koljandersade
5 teelepels sout
6 eetlepels strooisuiker
1 liter wit asyn
1 eetlepel paprika
1 teelepel borrie
Sny rissies oop en verwyder sade, indien verkies. Gooi kookwater oor rissies en laat 1 minuut staan en dreineer. Plaas rissies, peperkorrels, lourier blare, koljander en geurmiddels in fles. Verhit suiker en asyn tot suiker gesmelt is en terwyl nog warm, nie gekook, gooi dit in fles
Bestandele:
50ml sout
2 liter water
1 blomkool in blommetjies gebreek
4 wortels geskil en in skyfies gesny
2 uie grof gekap
4 brandrissies - ontpit en fyn gekap
2 knoffeltoontjies fyngedruk
1 liter olie
80ml atjar masala of gewone masala
Los sout in water op en sit wortels, blomkool en uie daarin. Week vir 24 uur en dreineer en druk droog. Verhit olie saam met rissies, knoffel en masala tot goed warm. Meng groente en oliemengsel en sit in gesteriliseerde bottels. Laat afkoel en verseël.
