Noodhulp en Algemene Mediese Raad


Indien jy sukkel om pleister van jou seer af te trek – Gooi 'n bietjie baba olie op die pleister en trek dan af.

Om watte te vermeerder, rol die watte af (dit word normaalweg in 'n rol verkoop), en sit stuk vir stuk in 'n 100oC oond vir ongeveer 30 minute. Die watte sal 2 maal sy grootte uitpof, en siedaar, maak baie van min!


Ambeie


  • Eet baie rosyntjies, dit is goed vir iemand wat aan aambeie ly.
  • Maak 'n salf van 'n koekie blousel en 'n botteltjie vaseline en smeer aan.
  • Smeer Samboksalf gereeld binne en buite tot pyn verdwyn. Indien hardlywig, kan dit weer probleme gee.
  • Kan selfs Zamboksalf eet om die derm end-uit te help genees.
  • Sorg dat jy nooit hardlywig is nie.  Gooi gerus 1 eetlepel ‘Linseed’ in glas water.  Laat staan oornag. 
  • Gooi water af en gooi linseed oor jou ontbytpap.  Met gereelde gebruik sal jy nie weet van hardlywigheid nie.
  • Vat 4 pakkies engelse sout, 1 pakkie kremetart, 1 botteltjie rooi, poeier en 2 eetlepels suiker en meng goed deurmekaar.
  • Sit 'n houer met skroefdeksel and maak dig toe. Sit elke oggend op jou nugtermaag 'n mespuntvol op jou tong en sluk weg met water.


Aknee & puisies


  • Aartappelskil werk baie goed. Smeer dit aan elke dag. Aknee vertel 'n mens dat jy allergies is vir iets. Hou maar jou dieet dop en kyk wanneer jy iets eet watter kossoorte 'n reaksie gee.
  • As jy met aknee gepla is kan jy 'n rooibostee-sakkie baie sterk laat trek en jou gesig soggens en saans daarmee was of gebruik sommer stukkie watte om die tee mee op jou gesig te smeer. Die tee sal nie jou gesig vlek nie, maar indien jy daaroor bekommerd is, spoel maar jou gesig met koel water af.  Die tee sal wel die houer waarin jy die tee hou vlek, so gebruik maar 'n houertjie wat jy nie voor jammer is nie om die tee in te hou.
  • Meng 1 pakkie kremetart en 2 pakkies engelse sout en gooi dit in 1 groot bottel water. Skud goed sodat dit kan oplos.
  • Drink elke oggend 1 eetlepelvol op die nugtermaag.
  • Meng 3 eetlepels heuning en 1 teelepel kaneel tot 'n pasta.  Smeer aan puisies net voor slaap tyd, en was volgende oggend met warm (lou) water af. Indien dit vir 2 weke daagliks gedoen word sal puisies verdwyn.
  • Sit 'n bietjie apelasyn vir oornag op of rou uie.
  • Smeer pasta gemaak van koeksoda en bietjie water aan.
  • Smeer tandepaste aan die puisie voor jy gaan slaap. Die puisie droog gedurende die nag uit en sal geel (ryp) wees as jy opstaan. Maak puisie skoon met alkohol - indien jy nie mediese alkohol het nie, gebruik byvoorbeeld whisky.
  • Moenie aan puisie druk nie - dit los merke.
  • Smeer vars suurlemoensap aan.
  • Spons gesig gereeld met verdunde suurlemoensap.


Artritus & Gewigspyne


  • Drink gereeld Omega 3, 6 & 9 olie kapsules sowel as ysterpille.
  • Eet geel voedselssorte: Appelkose, Spanspek, pomelo, Lemoene, Suurlemoene, Mangos, Papajas, Perskes, Pynappels, Wortels, Pampoen, rooipepers Botterskorsies, Suikermielies, nartjies en geelpepers.  Die oranje pampoen en rooipepers, lemoensap, komkommersap, wortels en waatlemoen kan artritis voorkom.
  • Eet gereeld okkerneute, soyabone en vetterige vis.
  • Meng 2 koppies Quaker Oats en 1 koppie water in 'n bak en verwarm vir 1 minuut in die mikrogolfoond.
  • Laat effens afkoel en smeer die mengsel op jou hande vir erge artitis pyn.  Dit streel en bring verligting.
  • Meng 2 liter bottel water met 2 eetlepel heuning en 2 eetlepels kaneel, 1 eetlepel borrie en 1 eetlepel gemmer in en drink 3 maal per dag (Sit in yskas) – kan chroniese rumatiek heeltemal genees as gereeld gebruik word.
  • Neem 2 liter bottel water met 6 eetlepels engelse sout met sap van 10 suurlemoene – drink 3 per dag.
  • Vir pyne as gevolg van artritis;  Meng 1 houer Camphor-room met 10 Grandpa poeiers en smeer gereeld waar dit pyn.


Bedsere


  • Gooi bietjie brandewyn op kweperpitte en laat 'n rukkie staan tot dit 'n jellie vorm. Smeer die pasient met die jellie.
  • Klits die wit van 1 eier en sit brandewyn by en smeer die plekke.
  • Laat die persoon op 'n gelooide vel lê.
  • Neem Prep en een botteltjie turlington. Meng goed en smeer aan die seerplekke.
  • Smeer heuning aan sere.


Belangrike Mediese Tellings om te Onthou


  • Bloedtelling - Moet tussen 150 tot 400 wees
  • Normale Bloeddruk - 120/80
  • Normale Bloedsuiker - 3.3 tot 5.9 mmol/l
  • Normale Cholestrol - 5 mmol/L of laer


Blaas


  • Drink 'n bietjie koeksoda in gekookte water help vir blaasontstekening.
  • Vir blaas infeksies neem jy twee eetlepels kaneel en een teelepel heuning in 'n glas louwarm water en drink dit.
  • Dit vernietig die kieme in die blaas.


Blaas op hakskeen  


  • Klits wit van eier en sit op hak.


Bloukol & kneusplekke  


  • Maak stysel en water aan tot 'n pap en sit op die kneus of stampplek - dit verhoed dat die kneusplek verkleur.
  • Om te verhinder dat bloukol vorm waar jy geel het of jou gestamp het, smeer onmiddellik botter aan.
  • Smeer samboksalf dik aan die kneusplek en maak toe met 'n lappie.
  • Stamp 3 stukkies gemmer en halwe wit ui. Voeg by twee eetlepels growe meel en 2 eetlepels brandewyn om pap te maak en sit die mengsel op die kneusplek.
  • Vir kneusplekke kan jy net rou vleis opsit.
  • Week 'n wattepluisie in asyn en sit op kneusplek en laat dit daar vir omtrent een uur, die asyn verminder die bloukol en verspoedig die genesingsproses.


Bloed


Bloedarmoede


  • Deur gereeld piesangs te eet wat laag is in sout kan dit help om jou bloeddruk te reguleer.  Piesangs is 'n tropiese vrug wat baie hoog in potassium maar tog laag in soutinhoud is en dit help baie in gevalle van bloedarmode. Maak melkskommel van piesang met melk en voeg heuning by, die piesang sal die maag kalmeer en reguleer om sodoende die gevaar van beroerte teen te werk, tesame met die heuning bou dit die bloedsuiker weer op terwyl die melk die maag streel en die sisteem re-hidreer van bloedarmoede.
  • Eet baie lewer.
  • Eet gereeld rosyne.
  • Eet swart stringe liquorice. Eet soveel daarvan as jy wil, maar dit moet die swart wees, die ander het te veel suiker in en suiker verlaag jou bloeddruk.
  • Heuning is die beste bloedverrykker en donker heuning is die beste - hoe donkerder die heuning hoe meer die minerale wat dit bevat.
  • Rasper 4 rou bete en sit in konfytfles en gooi 1 bottel wyn oor en roer goed. Voeg een botteltjie Lennon’s Versterkdruppels daarby en laat staan oornag om te trek. Gooi deur doek en bêre vloeistof in yskas. Drink 3 keer per dag 'n kwart koppie vol.


Bloedvergiftiging en swere


  • Bak 1 middelmatige ui in die kole so heel. Haal die buitenste skille af en sit die binneste so warm moontlik of die sweer om dit oop te trek.
  • Doop 'n ou flennielap in brandewyn en druk uit. Sit op die sweer en hou aan natmaak in die brandewyn tot die sweer ryp is.
  • Gooi 2 eetlepel engelse sout in 1 bottel kookwater en gooi dan in 'n skotteltjie. Hou die seerplek daarin - so warm as wat jy dit kan verdra. Hou dit ook lank in die water. Jy moet aanhou tot die swelsel sak en die sweer plooierig word en die rooi streep wat na die hart wil loog teruggetrek het. Maak nou 'n linnelappie of flennielappie in rou lynolie of kasterolie nat en sit dan op die wond. Verbind dit met 'n warm lap en laat net so vir 6 uur. Herhaal die proses indien nodig.
  • Klits 2 eiergele en 1 eetlepel heuning en 'n bietjie meel saam tot 'n pasta. Smeer op 'n skoon linnelap en sit op die seerplek. Dit sal die sweer ooptrek.
  • Maak 'n pap van semels. Sit nou 'n mespunt koeksoda by. Smeer dik op die lap en maak dan in die middel 'n holte.
  • Gooi die holte vol brandewyn. Sit so warm as moontlik op die sweer. Sodra dit afgekoel het, dan vervang jy dit met 'n nuwe pleister. Die brandewyn moet altyd in die holte gegooi word. en nie in die pleister ingeroer word nie anders verdamp dit net.
  • Maak 3 knoffelhuisies fyn en sit daarby 1 knippie sout en meng. Sit op 'n lappie en sit op die sweer.
  • Maak sterk soutwater en hou die sweer daarin.  Smeer dan net vaseline aan. Hou so aan tot die vergiftiging uit is.
  • Meng engelse sout en vaseline en smeer op.
  • Neem 1 sny brood en gooi bietjie kookwater op, net genoeg om dit te laat uitswel. Sit dit op 'n ou linne of flennielap en strooi sout oor. Sit dit so warm moontlik op die sweer en maak toe met nog 'n lap of handdoek.
  • Rasper 'n middelmatige aartappel fyn en pak dit op die sweer en maak dan toe met 'n lappie en bind vas.
  • Rasper of sny geelwortels en kook dan tot sag. Druk fyn en meng met broodkrummels en kook tot 'n pap.
  • Smeer aan 'n lappie en sit op die sweer en bind toe.
  • Skraap 1 lepel Sunlight seep af en sit daarby 2ml suiker en die geel van 1 hoendereier. Meng goed en voeg dan 1 groot teelepel heuning by en sit meer heuning in om dit goed te kan meng.  Gebruik soos trekpleister op die sweer.
  • Vat 1 eiergeel en sit genoeg sout by om 'n ligte geel pasta te maak. Moenie te veel sout opsit nie - dit sal brand.
  • Smeer op die sweer en maak toe met 'n lappie of pleister.


Bloedvint


  • Kneus en kook 'n paar knoffelhuisies tot sag in bietjie water.  Gooi nou 'n knippie sout en rogmeel by en meng goed totdat dit 'n pap vorm.  Smeer daarvan op 'n lappie en sit baie warm op die bloedvint en sit nou 'n lappie bo-oor. Vervang sodra dit koud is.
  • Krap Sunlight seep om 1 eetlepel vol te maak, sit nou bietjie suiker by en laat die een wat die bloedvint het bietjie spoeg bysit. Meng goed en sit op die bloedvint en sit pleister oor om dit vas te hou. Laat dit net daar, dit trek taamlik kwaai, maar die bloedvint is gou ryp en oop.
  • Maak 1 teelepel suiker fyn en meng met genoeg gliserine om dit smeerbaar te maak. Sit op die bloedvint en maak toe.
  • Herhaal 3 keer en die bloedvint sal ryp getrek wees.
  • Maak engelse sout en suiker met klein bietjie water tot 'n pap.  Sit op die bloedvint om te trek.
  • Maak enige bottel vol kookwater. Gooi die water dadelik weer uit en sit dan die warm bottel op die bloedvint om dit te trek.
  • Maak koolblare goed warm en sit op die bloedvint of sweerplek.  Dit help ook vir die pyn.
  • Meng 1 eetlepel heuning en 1 eiergeel baie goed saam. Sit op die bloedvint en maak goed toe. Die mengsel wat oorbly kan in 'n klam doekie in die yskas gebere word. Sodra die bloedvint ryp is en die pit uitgedruk dan haal jy die mengsel uit die yskas uit en sit op die oopplek waar die pit uitgekom
  • Meng 1 eiergeel 1 eetlepel fyn sout en 1 eetlepel heuning deurmekaar en smeer daarvan op 'n lappie en sit op die bloedvint en maak toe.  Die bloedvint sal gou ryp word sodat jy die pit kan uittrek.
  • Rasper bietjie blou seep en sit daarby 'n bietjie suiker en 'n paar druppels water.
  • Meng goed tot pasta en sit op die bloedvint en maak toe.
  • Sit 1 koekie suurdeeg in 1 glas water en los tot dit mooi opgelos het. Roer goed en drink dit alles uit.
  • Smeer staaldruppels op 'n bloedvint.
  • Sny 'n boerpampoen stukkend en vat van die sagte geel deel waar die pitte is en maak dit warm in die oond.
  • Sit so warm as die persoon kan uithou op die bloedvint en maak toe. Daar sal sommer gou verligting wees.
  • Wanneer 'n bloedvint of pitsweer wat nie wil ryp word nie, neem 1 sny growwe brood en verkrummel. Sit bietjie kastertolie by en so 1 druppel warm water. Meng goed deur sodat die brood goed nat is en pap. Smeer op 'n ou flennielappie en sit nog een oor om dit toe te maak. Dit moet baie warm op die bloedvint of sweer gesit word. Vervang elke 2 uur totdat dit rypgetrek is. Dit werk goed en baie gou. Onthou net om dit warm te hou.


Neusbloei


  • As iemand se neus bloei moet jy dat hy plat op sy ruk lê met sy hande bokant die kop reguit gestrek.
  • Dan moet hy 'n stukkie kladpapier kou.
  • As iemand se neus bloei, gooi skielike en onverwags koue water teen die rug af.  Die bloeding sal dadelik stop.
  • As jou neus bloei dan neem jy net 'n halwe glas water en gooi 1 gelyk teelepel kremetart by, roer en drink vinnig en die bloed sal stop.
  • As jou neus kwaai bloei, dan druk jy tussen die oë langs die neus styf vas vir 'n paar minute en die bloeding sal stop.
  • As jy met borrie snuif wanneer jou neus bloei dan stop dit sommer dadelik en sal ook vir 'n lang tyd nie weer bloei nie.
  • Drink 1 teelepel kremetart in een glas water.
  • Drink 'n kwart koppie skoon asyn as jou neus bloei en dit sal gou stop.
  • Drup 2 druppels bloekomolie op kroontjie.
  • Om bloeding laat stop, neem 'n oorstokkie of bietjie watte om vuurhoudjie gedraai and doop dit in Kloostersbalsem en druk in die neusgate in op. 
  • Rasper blousel (ou mense het dit gebruik vir hulle wasgoed) -blokkie en vat 'n mespunt en snuif dit in die neusgat op wat bloei.
  • Vir Bloedneus moet jy 'n watteproppie maak en in suurlemoensap druk en dit dan in die neus wat bloei sit tot dit ophou.
  • Vir neusbloei moet jy 'n watte proppie maak en in turlington doop en in die neusgat steek.


Snywonde:  


  • As jy 'n oop wond het wat baie bloei moet jy turlington opgooi.
  • As jy 'n oop wond het wat nie gesond wil word nie, behandel dit met suiwer heuning.
  • Sit heuning op elke keer as die wond oop gemaak word. Die heuning genees die wond vinnig en mooi.
  • Gooi jodium op 'n oop wond wat nie wil ophou bloei nie en dit sal die bloeding gou stopsit.
  • Gooi sommer baie suiker op die wond en bind toe om die bloeding stop te sit.
  • Gooi staaldruppels op die oop wond om die bloeding te stop.
  • Sit skoon terpentyn op 'n oop wond om bloeding te stop en genesing te bespoedig.
  • Strooi fyn sout of peper op die wond om die bloeding te stop.  Dit brand bietjie, maar dit werk goed.
  • Vir wonde wat septies is of nie wil genees nie, meng 1 teelepel kooksoda en een telepelvol Zamboksalf.
  • Smeer dik aan en maak toe.  Herhaal soggens en saans.


Brandwonde


  • As jy by die stoof gebrand het smeer net tandepasta aan daar sal nie 'n merk oorbly nie en die seer sal verdwyn.
  • As jy jouself gebrand het en jy het nie 'n room/salfie daarvoor nie, gryp sommer 'n buisie tandepaste en smeer dit aan.
  • Dit trek die brand sommer gou uit.
  • As jy met seepsoda gebrand het moet jy dadelik met asyn was en dan lappies wat in roulynolie, kasterolie of soetolie gedoop is omdraai.
  • Maak 'n groot kastrol rooibostee sommer baie sterk aan en gooi in badwater en laat die persoon wat songebrand het daarin lê om al die brand uit te trek.
  • Meng 1 botteltjie klapperolie, 2 eetlepels blomswael, 1 teelepel sinkpoeier en 1 teelepel boorsuurpoeier en smeer 2 maal daagliks aan die brandwonde.
  • Neem 1 lepel kalkwater, 1 lepel lynolie, skud deurmekaar en sit op 'n lappie op die brandplek.
  • Neem 'n stukkie watte en maak die brandplek effens klam strooi nou suiker dik op die plek om die brand uit te trek.
  • Smeer nou vaselien waarby 'n mespunt aluin gevoeg is op die brandplek en draai toe.
  • Selfs as jy 'n brandwond opdoen en jy gooi borasic poeier daaroor, dan trek dit die vog wat die blaas vorm dadelik uit.
  • Sit dadelik in ys-yskoue water en hou daar totdat dit nie meer so erg pyn het nie. Hou so aan totdat pyn bedaar.
  • Sit dan skoon doek oor en gaan dokter toe as dit baie erg is.
  • Smeer dadelik asyn aan brandwond – dit neem brand weg en keer blase.
  • Smeer die sap van aalwynblare aan, dit sal voorkom dat blase vorm
  • Smeer heuning oor die brandwonde, dit verkoel en verlig die pyn en versnel die genesing sonder littekens.
  • Buiten om ook as antibiotika te dien dood die heuning ook kieme, omdat kieme nie in heuning kan leef nie.
  • Smeer kondensmelk op 'n lappie en sit op brandwonde en vervang sodra die lappie droog is.
  • Hou aan tot die kondensmelk nie meer droog word nie. Dit trek die brand uit en verhoed ook dat blase vorm.
  • Smeer sunlight seep op brandwonde, dit trek die brand uit en help genesing.
  • Strooi meel dadelik op die plek wat gebrand - sommer dik - dit verseel die brand en verhoed dat daar lug inkom.


Doring


  • As jy in 'n doring getrap het, of vir 'n wond wat septies geraak het: Meng 1 teelepel koeksoda en en teelepel Zamboksalf.
  • Sit 'n lekker homp daarvan op die seer en maak toe. Vervang soggens en saans.
  • Om 'n doring uit te trek, smeer 'n mengsel van engelse sout, sunlight seep en vaseline op die plek en plak pleister bo-oor.
  • Om truksvyedoringtjies uit hou hand te kry; smeer olie/margarien aan en krap met mes uit.
  • Vir 'n doring in die hand kan jy net 'n stukkie volgraan brood kou en die dan op die plek vassit met pleister. 
  • Na 'n paar dae kan die doring sommer baie maklik uitgedruk en verwyder word.


Eelte


  • Elke aand moet jy jou voete in baie warm water week en goed afdroog. Smeer nou geel waghries aan 'n lappie en sprinkel fyn tafelsout oor. Bind om die voet en slaap so. Herhaal totdat die eelt weg is.
  • Gooi 1 koppie growwe sout in 'n halwe koppie lampolie. Skud aanhoudend tot dit opgelos is.
  • Smeer soggens en saans aan die voete. Dit neem 'n hele rukkie, maar dit sal die moeite werd wees.
  • Maak 'n klein botteltjie aspirienpille goed fyn (Grandpa of Disprins kan ook gebruik word) en meng met 1 botteltjie wit vaselien. Smeer elke oggend en aand aan die eelte.
  • Maak blousel bietjie klam en smeer aan die eelte.
  • Meng saam in 'n botteltjie 1 eetlepel kasterolie, 1 eetlepel, gliserien en 1 eetlepel jodium.
  • Week eers die voete in warm water waarby jy koeksoda sit en maak dan goed droog.
  • Smeer die mengsel elke oggend en aand aan die voete en gou sal die pyn weg wees.
  • Smeer 3 maal per dag kanferolie aan.
  • Smeer asyn 3 maal per dag net so op die eelte en binne 'n kort rukkie sal jy die verskil kan sien en voel.
  • Smeer elke aand na jy gebad het tandepasta aan.
  • Smeer soggens en saans terpentyn aan die eelte en hulle sal uitdroog en uitval.
  • Vat skil van piesang, sny so groot as eelt, plaas binnedeel op eelt en maak toe met kleefpleister.
  • Maak seker dat skil nie skuif nie. Vervang na 'n paar dae.


Ekseem


  • Gebruik salf met zink in.
  • Sit elke dag 2 rooibosteesakkies in die badwater.
  • Smeer die gesig met Vaselien.
  • Smeer jou hele lyf met aqueous cream en bad jouself met die room en was dit dan af.


Gal


  • Wanneer jy baie gal het, jou kop so seer is dat jy wil opbring of jou tong vuil en aangepak is en jou oe goudgeel dis baie gal.  Neem 'n kwart koppie kookwater met 1 teelepel koeksoda in. Indien nodig dan herhaal jy dit na 'n paar uur. Dit sal die gal afwerk.
  • Eet elke oggend op jou nugtermaag 'n hele suurlemoen.
  • Eet papaja met pitte en al.
  • Meng drie pakkies Engelse sout in een bottle Rose’s lemmetjiesap en.skud goed.
  • Drink 1 eetlepelvol in glas kookwater elke oggend op nugtermaag.


Galstene


  • Drink op jou nugtermaag 1 koppie asyn.  Wag 8 dae en drink weer.  Herhaal sodat jy 3 koppies gedrink het.
  • Neem 1 glas melk en sit daarin 1 teelepel kremetart en 1 teelepel koeksoda. Roer goed en drink dadelik alles.
  • Wag 10 minute en drink dan 'n halwe glas olyfolie. Onthou om dit vroeg in die nag te drink.
  • Drink die volgende oggend 1 pakkie engelse sout, wag bietjie en drink dan 'n lekker koppie koffie of tee.
  • Hou die middagete maar lig. Na 3 dae kan jy die proses herhaal.


Griep & Verkoues


  • Die beste manier om jou koue hande warm te maak, is om jou polse vas te hou. 
  • Jy sal verbaas wees hoe gou jou hande verwarm. 
  • Die gereelde gebruik van heuning help om te voorkom dat jy lastig geval word deur verkoues en griep, omdat heuning 'n natuurlike bevegter is van kieme.
  • Meng 1 bottel pepermentdruppels, 1 bottel roulynolie, 1 bottel borsdruppels, 1 bottel heuning en drink drie maal per dag.
  • Meng 1 koppie kookwater met 2ml gemmer en 1 teelepel kremetart en genoeg suiker om smaaklik te maak.
  • Drink so warm as moontlik en klim in bed en hou jou warm - dan sweet die verkoue uit.
  • Meng een teelepel heuning, kelkie asyn en kelkie water, gorrel daarmee soos nodig.
  • Neem 1 groot lepel heuning. Die geel van 1 eier en 20 druppels borsdruppels en klits goed deur tot gemeng.
  • Neem elke drie ure 'n teelepelvol.
  • Neem een koppie kookwater en voeg die sap van een suurlemoen by. 
  • Drink as jy bed toe gaan, kan paar aande gebruik word en dit breek die verkoue.
  • Saans as jy bed toe gaan kan jy mespunt koeksoda op twee eetlepels kookwater sit.  Laat effens afkoel en drink.
  • Jy kan dieselfde mengsel gebruik om in die neusgate in te spuit, so 20 druppels in elk.
  • Smeer bad se rand met Vicks, maak vol warm water, hou badkamer deur toe sodat dit kan stoom.
  • Vryf dan Vicks op bors, rug en onder voete – klim in. Trek warm aan – klim in bed en rus.
  • Vir 'n toe neus sit 1 teelepel heuning in 'n skottel kokende water en maak jou kop toe met 'n handdoek en haal diep asem.
  • Vir kop verkoues is dit goed om kwart koppie asyn by die water te voeg waarmee jy stoom. Buk oor skottel en gooi handdoek of kombers oor kop en haal diep asem om die stoom in te neem, help baie om kop verkoues te verlig en die toegevoel te laat hasepad kies.
  • Wanneer jy saans gaan slaap gooi bietjie bloekomolie op die kussing, jy asem dit heelnag in en dit maak kop en neus oop en breek die verkoue.


Borskwale


  • As jou bors toe en benoud is smeer Zamboksalf aan die bors of op 'n lappie en sit op bors en hou warm. 
  • Dit help om bors oop te maak.
  • Hierdie mengsel help vir algemene borskwale soos hoes, kroep, brongitis en so meer. Dit maak slym los maar verlig ook 'n droë hoes. Dit verminder ook die sinus slym en beheer dus die slym wat agter in die keel afloop (Post Nasal Drip) Sinus-lyers vind grootliks verligting met die gereelde gebruik van hierdie mengsel.  Voordat jy begin, moet jy bewus wees dat baie mense die smaak van hierdie mengsel onaangenaam vind. As jy dus iemand is wat te kere gaan vir die reuk en smaak van medisyne, moet jy liewer los, want jy sal net jou geld mors.
  • Meng die volgende in 'n groterige glas bottel met 'n digte skroefdeksel:
  • 1 botteltjie Lennon Paragora, 1 botteltjie Lennon Turlington, 1 botteltjie Lennon Ipekakuanawyn, 1 botteltjie Lennon Borsdruppels, 1 botteltjie roulyn olie, halwe bottel heuning
  • Meng dit deeglik totdat als in die heuning vermeng is.  Neem een desertlepel vol soggens en saans. 
  • Kinders van so drie tot agt jaar moet net 'n halwe desertlepel op 'n slag neem.
  • Meng gelyke dele heuning en suurlemoensap en neem wanneer jy hoes.
  • Vir toe of benoude bors kan jy met kamferolie oor 'n bak stoom, gebruik so 5 druppels in kokende water - onthou om jou warm toe te hou.


Hoes


  • As jy ’n hoesmiddel nodig het, probeer heuning in water met suurlemoensap of appelasyn.
  • Meng 1 bottel heuning. Die res is alles Lennons - so die mate vir almal is dieselfde. 1 bottel Peppermentdruppels, 1 bottel Borsdruppels, 1 bottel Jamaika Gemmer, 1 bottel Turlington,  1 bottel Paragora, 1 bottel Epejuana Tinktuur,  1 klein botteltjie roulynolie. Gooi alles saam, kook vir 5 minute en gooi in 'n bottel. Vat so twee groot slukke, of 2 groot desertlepelsvol op 'n slag.
  • Meng 1 Bottel Witdulsies, kwart bottel Borsdruppels, 2 teelepel Paragorie, 1 bottel Roulyn olie, 1 bottel Turlington, 1 eetlepel Asyn, 500g Heuning, Pepperment druppels na smaak.
  • Meng 2 botteltjies borsdruppels, 125ml vars suurlemoen sap en half bottel heuning en neem een eetlepel daarvan 3 maal per dag. Moet nie in yskas plaas bêre nie.


Kroep


  • Gee die sieke swart soet tee en 2ml mosterd om te drink. Dit sal hom laat opgooi en sodoende die slym uitbring.
  • Meng 1 teelepel aluin en 2 teelepels suiker goed saam en gee elke 2 uur vir die sieke kwart teelepel van die mengsel in.
  • Gee vir die kind sterk soutwater om te drink - dan sal hy al die slym opgooi.
  • Meng 1 koppie heuning met 1 teelepel bakpoeier by goed saam en gee vir die kind kort-kort 1 teelepelvol in. Dit sal die slym baie gou losmaak. Die mengsel kan in 'n flessie met 'n skroefdeksel gebêre word en gebruik word wanneer nodig.
  • Sit 2 eetlepels melk en 2 teelepels gliserine in melk en roer goed. Gee vir die kind om te drink, dit sal laat hy opgooi en die slym sal uitkom.
  • Smelt 1 teelepel vaseline en gooi 20 druppels borsdruppels in.  Gee so warm moontlik vir die kind in.
  • As die kroep erg is kan jy die kort-kort ingee.
  • Sny 'n wit ui in dun skyfies en strooi bruinsuiker daaroor. Laat die staan sodat dit 'n stroop kan trek.
  • Gee dan 1 teelepelvol van die stroop elke uur in. Dit sal die hoes en kroep breek.
  • Was die kind se bors en hals met yswater, dit sal vir die asemhaling help. Laat die kind ook soveel koue water drink as wat hy kan. Droog hom goed af en maak warm toe.


Seerkeel


  • As jou keel seer is, gooi 'n bietjie sout en suurlemoensap in warm water en gorrel.
  • As jou keel seer is, sny rou uie in ringe en sit in 'n flennie lappie en bind om die nek. Dis net die ding vir 'n seer keel.
  • Druk die sap van 'n lemoen uit en meng met bietjie warm water, .drink elke keer dat jou keel seer is.
  • Dit sal dat die sweer in die keel oopbreek dan is jy weer gesond.
  • Gorrel met twee Dispentablette wat in water opgelos word om seer keel te genees.
  • Meng kwart koppie asyn met kwart koppie heuning en neem 1 eetlepel gorrel daarmee so ses keer per dag - dit sal die bakteriee doodmaak.
  • Neem 'n halwe glas louwarm water en sit daarin 2 eetlepels asyn en 'n 2ml teelepel sout. Roer goed en gorrel dan daarmee.
  • Neem 'n pynappel en sny met skil en al in stukkies en gooi in kastrol. Laat kook vir 'n goeie ruk en syg dan deur en laat afkoel. Neem nou van die water en gorrel kort-kort daarmee.
  • Neem een teelepel heuning in die mond en laat stadig in die keel afloop.  Dit verlig die rou, seer gevoel in die keel.
  • Voeg so twee druppels dettol in bietjie water en gorrel daarmee om verligting van seer keel te bring.


Sinus


  • Drup elke aand aptekersparaffien in elke neusgat as jy bed toe gaan.
  • Dit sal gou verligting bring, maar jy moet dit gereeld gebruik.
  • Meng 1 teelepel versiersuiker, 1 teelepel koeksoda en 1 teelepel boraks goed saam. Snuif kort-kort daarvan.
  • Meng 2 liter water met 1 eetlepel heuning en 1 eetlepel kaneel, sit in yskas en drink gereeld (genees chroniese verkoue, hoes en sinusitus).
  • Kos met preserveermiddels (aanmaak koeldranke) vererger sinus. Sny dit uit.
  • Sny lemoene, melk, brood, kaas en sjokolade, uit dieet uit.
  • Sit warm kompressies 3 keer per daag op gesig.
  • Vir 'n toe neus sit 1 eetlepel heuning en kwart koppie asyn in 'n skottel kokende water en maak jou kop met 'n handdoek toe en haal die wasem diep in.


Hik


  • Gooi 1 teelepel koeksoda in 'n halwe glas water en roer.  Drink dit.  Herhaal elke 2 uur solank jy nog hik.
  • Gooi asyn oor 1 teelepel suiker sodat dit net nat is...en eet dit..die hik sal dadelik stop.
  • Maak die persoon skrik en die hik gaan weg.
  • Neem een eetlepel wit asyn en hik sal ophou.
  • Sit 'n groot teelepel wonderkroonessens in 'n kwart koppie warm water en roer en drink elke 2 ure.
  • Sit 1 teelepel heuning in 'n halwe glas water en drink dit sonder om asem te haal.
  • Vir 'n lastige hik, trek asem diep in en hou 25 sekondes lank so.  Eet dan 1 teelepel suiker.


Hoofpyn


  • Drink 1 teelepel heuning in 1 koppie swart koffie.
  • Maak 'n lappie nat met asyn en strooi fyn kaneel oor, sit dit dan op die voorkop.
  • Maak pluisies en steek in balsemvita en sit in die ore, smeer ook balsemvita op die slape.
  • Meng 1 eetlepel kasterolie en 1 eetlepel paraffien en smeer dit bo-op die kop. Gaan lê 'n rukkie.
  • Meng 1 pakkie engelse sout, 1 botteltjie rooi poeier of 1 pakkie kremetart en 1 dessertlepel fyngemaakte aluin.
  • Neem 3 maal per dag 1 mespuntvol op die tong gegooi.
  • Trek roosmaryn soos 'n sterk tee en versoet met heuning.
  • Vir spanningshoofpyn voeg een dessertlepel heuning in 'n halwe glas warm water.
  • Dit is baie effektief aanngesien migraine deur spanning verooksaak word en heuning kalmerend werk.


Insekte


Borsluis- & Vlooibyt


  • Meng klapperolie en blomswael goed en smeer aan die insekbyt plekke.
  • Smeer pypolie aan die bytplek.
  • Vryf rou fyngekerfde wit uie op die plek waar jy deur vlooi gebyt is.


Bysteek


  • Krap die by-angel met 'n mes uit.  Maak 'n koeksoda of sout en asynpasta en plaas dit op dit steekplek. Dit trek die gif uit.
  • As 'n by jou steek moet jy die plek met soutwater was en ook van die soutwater drink tot jy opgooi om al die gif uit te kry.
  • As 'n by jou steek terwyl jy heuning uithaal, moet jy die angel afkrap en van die vars heuning aan die plek sit.
  • Drink eers 'n sopie brandewyn voor jy gaan bye uithaal en indien hulle jou steek dan drink jy koeksoda en water.
  • Dit sal verhoed dat jy sleg voel van die steke.
  • Rasper 'n wit ui en stamp dit dan verder pap en sit dit op die plek waar die by jou gesteek het.  
  • Heg vas met 'n stukkie pleister. Dit verhoed dat jy eers swel van die steek.
  • Rasper blousel in 'n klein bietjie water in en sit sout by en meng.  Week 'n lappie of watte daarin and sit aan die steekplek en maak die lappie kortkort weer nat. As die steekplek geswel is sal dit die swelsel afbring en die brand en jeuk sal weggaan.


Kopluise


  • Meng 250ml kookolie, 250ml asyn, 250ml parafien. Skud goed. Wend kwistig aan droë hare.
  • Laat staan vir ± 20 minute.Was daarna met sjampoe in lekker lou water.
  • Vryf mayonnaise in die hare en bedek vir 2 uur met stortkappie. Spoel kop vir lank af met onverdunde asyn. 
  • Was en spoel daarna goed af.


Muskietbyt


  • Doop 'n stukkie watte in engelse sout en warm water en plaas op muskietbytplek.
  • Vir muskiete kan jy pasta van koeksoda aansmeer om van die ergste swelling en jeuk ontslae te raak.
  • Voor jy na rome reik as 'n muskiet jou bygedam het probeer eers om die binnekant van 'n piesangskil aan die bytplek te smeer. Dit help om die swelsel en irritasie te verlig.


Keel


  • As 'n visgraat of beentjie in die keel vassit kan jy net watte neem en smeer met botter of margarien en dit net so insluk. 
  • Dit sal die beentjie of graatjie saam neem en dan kan dit maklik deur die maag passeer.
  • As jy 'n beentjie of visgraatjie het wat in die keel vassit kan jy 'n rou eier klop tot die wit en geel net gemeng is en sluk dit dan in.  Dit sal die graatjie of been saamneem maag toe en die gevaar is verby.
  • Maak koeksoda en water aan - sommer baie koeksoda - gorrel daarmee om die mangels te krimp en die graatjie of beentjie te laat loskom.
  • Om die keel te laat krimp en sodoende 'n beentjie of visgraat wat vassit te laat loskom moet jy met skoon suurlemoen of asyn gorrel.
  • Vir wanneer jy 'n beentjie of visgraat het wat in die keel vassit,  eet droë brood met korsie en al.
  • Die brood sal die beentjie of graatjie wat vassit losmaak en dit sal saam met die brood ingesluk word.


Koors


  • Drink wonderkroonesssens.
  • Gee koue drankies om te drink en komkommersap elke 2 minute.
  • Gooi in 'n glas 1 eetlepel brandewyn, 2 eetlepels kookwater en 'n mespunt sout. Gee vir 'n kind 5ml elke 15 minute so warm as moontlik en vir 'n volwasse kan jy 20ml ingee. Hou aan tot die koors gebreek het.
  • Maak 1 teelepel hoogvol met engelse sout en en dit 'n kelkie warm water en roer sodat dit kan smelt.
  • Gooi nou 5ml lewensessens in en roer en drink.
  • Maak handdoek nat met louwarm water gemeng met asyn en sit op persoon se hele lyf en kop totdat handdoek koud is – herhaal.
  • Om koors te breek, gooi twee koppies asyn in baie lou badwater en spons persoon aanhoudend af.
  • Sit persoon in bad vol louwarm water met 2 koppies asyn in en voeg dan koue water stadig by totdat koors verdwyn.
  • Vir kouekoors, drink warm suikerwater en sit 'n skottel of emmer koue water onder die bed.


Krampe


  • Neem 2 eetlepels brandspiritus, 2 eetlepels terpentyn, 1 eetlepel paraffien, 1 koppie asyn, die geel van 1 eier en 1 koekie kamfer wat baie fyngemaak is en gooi in 'n glasbak en meng goed deurmekaar. Meng vir ten minste 10 minute saam.
  • Smeer aan die bene.
  • Vir krampe in bene of voete, vryf met 'n bietjie kanferolie aan.
  • Vir krampe in die bene, sit op die vloer sodat die been aan die koue vloer raak.


Lennon se produkte is goed vir:


  • Balsem Kopiva                      -            niere en blaas en rugpyne
  • Balsem Vita Wit                   -            maagpyn, koliek, winde
  • Balsum Sulphiris                   -            hardlywigheid
  • Behoedmiddel                       -            diarree, maagpyn, hoes
  • Borsdruppels                        -            hoes, kroep, brongitis
  • Bruindulsies                         -            nier en blaas
  • Entressdruppels                    -            maagpyn, koliek, winde, senuweetoestande en slaaploosheid
  • Haarlemensies                      -            niere en blaas
  • Lewensessens                      -            ooreet of hardlywigheid
  • Paragoriese-Elikser               -            diarree, maagpyn en hoes
  • Peppermintdruppels              -            maagpyn, koliek, winde
  • Rooipoeier                            -            hardlywigheid en mangels
  • Staaldruppels                       -            stop van bloeding op snye – bloedarmoede, duiseligheid
  • Tandpyndruppels                   -            tandpyn
  • Witdulsies                            -            lae bloeddruk, wintersvoete, maagpyn, koliek, winde
  • Wonderkroonessens             -            hardlywigheid, winde en slegte spysvertering.


Maag


Diarree


  • Drink warm, "flat" lemonade.
  • Meng en drink mielieblom (Mezina) met water met of gerasperde appel (bruin word) of oorryp piesang en vars suurlemoensap.
  • Meng twee teelepels vlapoeier met 'n kwart koppie water en sluk weg. Herhaal elke 2 ure.
  • Rasper 3 geelwortels en kook in 1 liter water en 2ml sout vir so 5 minute. Suig deur en drink kort-kort 'n mondjievol van die water. Jy kan weer water by die wortels gooi en dit kook en deursuig om te drink.
  • Rasper 'n appel, laat effens bruin word en eet dit.


Hardlywigheid


  • As jy aan hardlywigheid ly kan jy piesangs eet.  Piesangs is hoog aan vesel.
  • Drink elke oggend op nugtermaag een eetlepel engelsesout op glas warm water om hardlywigheid teen te werk.
  • Drink 'n glas louwarm water met apelasyn – 30 min voor etes.
  • Eet elke oggend vir ontbyt 'n sny growwe bruin brood. Dit moet growwe bruin brood met semels wees.
  • Maak 'n prop van blouseep of groenkoekie sunlight seep - dit werk!
  • Sorg dat jy nooit hardlywig is nie.  Gooi gerus 1 eetlepel ‘Linseed’ in glas water.  Laat staan oornag. 
  • Gooi water af en gooi linseed oor jou ontbytpap.  Met gereelde gebruik sal jy nie weet van hardlywigheid nie.
  • Week 500 gram perskes, 500 gram rosyne en 500 gram pruimedante in water tot sag en maal alles saam.
  • Meng 1kg stroop of heuning en eet een teelepelvol hiervan saans.


Krampe


  • Drink bietjie sterk suikerwater.
  • Gebruik pietersielie by geregte (maagkrampe en slegte spysvertering).
  • Gewoonlik werk dit as jy toilet toe gaan en sit tot dinge gebeur.
  • Meng 1 eetlepel asyn en 1 eetlepel soetolie en drink.
  • Meng 2 liter water met 2 eetlepel heuning en 1 eetlepel gemmer met 1 eetlepel kaneelpoeier, sit in yskas en drink gereeld - genees maagpyn en maagswere en winde.
  • Neem halwe koppie sterk swart koffie en 1 eetlepel soetolie en drink.
  • Trek 1 teelepel kruienaaltjies in 1 koppie melk en drink.
  • Trek bietjie kaneel in kookwater en drink kort-kort so 'n bietjie.
  • Trek gemmer in kookwater wanneer jy maagkrampe het en drink elke vier uur bietjie hiervan.
  • Trek net bietjie naeltjies in kookwater en drink so elke drie of vier uur 'n bietjie sal dit verligting bring.
  • Week 'n lap in koue water en sit op die maag dit sal gou verliging bring.


Sooibrand


  • As jy nou weer sooibrand kry kan jy sommer 'n piesang eet vir vinnige verligting.
  • As tamatie- en uiemoes gemaak word vir braaivleis of ander geregte, gooi 'n kwart koppie melk op die end by en roer goed.
  • Drink 8 glase water per dag.
  • Drink twee eetlepels asyn of suurlemoensap. Die probleem sal vir 'n kort rukkie erger voel, maar dan verdwyn.
  • Koeksoda is ideaal om oormaat suur teen te werk. In plaas van sooibrandpilletjie. Drink biejie koeksoda in gekookte water.
  • Meng 'n botteltjie Turlington op 1 blikkie kondensmelk en vat elke oggend op jou nugtermaag 'n teelepel vol.
  • Suig een teelepel witsuiker.


Winde


  • As jy oopgeblaas voel en gas in die maag het van slegte spysvertering, neem heuning en kaneel om verligting te bring.
  • Meng halwe koppie water, 6 eetlepels asyn, 2 teelepels suiker en 'n 2ml koeksoda. Sodra dit begin bruis moet jy dit dadelik drink.
  • Trek kruienaeltjies in kookwater en drink daarvan.


Melkkoors & Borsvoeding


  • As die borste geswel en pynlik is, pak koue koolblare oor die borste en sit binne jou bra.
  • Smeer die bors warm met klapperolie en sit nou 'n kam op die klont en sit dan watte bo-op die kam en maak dan warm toe. Hou aan tot die klont weg is.
  • Smeer heuning op 'n stukkie wit flennielap en sit dan die lappie op die bors, met die heuning teen die bors .en maak toe met nog 'n lappie om die onderklere te beskerm en maak dan warm toe.
  • Wanneer daar 'n klont in die bors is, moet die bors eers met lou water gewas word. Meng dan 1 eiergeel, 2 dessertlepels kanferolie, 1 teelepel terpentyn en 1 teelepels spiritus baie goed deurmekaar.  Smeer op die bors, altyd in 'n afwaartse rigting met die mengsel.


Moegheid


  • Deur heuning gereeld te gebruik werk dit teen moegheid en tamheid omdat heuning 'n “voel goed” bestanddeel bevat en ook energie opkikker.  Neem halwe eetlepel heuning in a glass water en sprinkel met kaneel.
  • Om moegheid teen te werk eet net twee piesangs. Piesangs bevat drie natuurlike suikers; .rietsuiker (sucrose), vrugtesuiker (fructose) en druiwesuiker (glucose) en dit gee jou onmiddelik 'n dosis energy.


Mond


Koorsblare


  • Gebruik gewone vanilla essens en plaas dit met 'n oorstokkie op die koorsblaar. Herhaal so elke halfuur indien nodig, die vanilla essens droog die koorsblaar op.
  • Maak 1 aspirienpil (Disprin) klam en sit op die koorsblaar en hou jou lippe opgekaar sodat die pil nie afval nie.
  • Maak pasta van koeksoda en sit op koorsblare.
  • Om gebreekte koorsblaar te ontsmeet, tik net 'n paar druppels Listerine daarop.  Dis 'n sterk ontsmetmiddel.
  • Smeer wit vaseline aan die koorsblaar en hou daarmee aan tot die koorsblaar weg is.
  • Vir koorsblare in die mond gebruik suurlemoen, sout en koeksoda. Maak dit in a'n pasta, en doop jou tandeborsel in, en skrop jou tande behoorlik. Jou mond voel sommer lekker skoon, en dit smaak sleg, maar as jy behoorlik spoel sal jy agterkom dit werk beter as tandepasta!!
  • Vir witter tande en minder koorsblare in die mond gebruik suurlemoen, sout en koeksoda. Maak dit in 'n pasta, en doop jou tandeborsel in, en skrop jou tande behoorlik. Jou mond voel sommer lekker skoon, en dit smaak sleg, maar as jy behoorlik spoel sal jy agterkom dit werk beter as tandepasta!!
  • Zink pilletjies (te koop by apteke) help ook.


Sproei


  • Meng 1 dessertlepel gliserien en 2ml boraks goed deurmekaar en smeer die kind se mond 3 maal per dag tot die sere gesond is.
  • Krap blousel wat nog nie in water was nie tot jy so 'n klompie het.  Maak dan jou vinger nat en sit die nat vinger in die skraapte blousel en smeer die kind se mond binner so 2 of 3 maal per dag.
  • Maak 'n paar aspro pille (Disprin) fyn en smeer op die tandvleis.
  • Meng die geel van 1 eier, 1 teelepel borrie, 1 teelepel wit teesuiker, 1 teelepel soetolie en 1 teelepel heuning goed saam. Gee dikwels op 'n dag 1 teelepelvol.


Naarheid


  • Drink 'n mondjievol ‘flat’ cola drankie sodra jy daardie naargevoel op die krop van jou maag voel.
  • Drink 1 teelepel suurlemoensap met 'n bietjie sterk warm water.
  • Gooi 1 eetlepel appelasyn op een koppie water. Neem kort-kort twee of 3 slukkies.


Neus


  • As jou kind iets soos 'n voorwerp in die neusgat ingedruk het en dit sit vas, moet jy die oop neusgat toedruk en sommer hard in die kind se mond inblaas en die voorwerp hoort uit te spring.



  • 'n Goeie raad vir wanneer jou oë seer of rooi of geirriteerd is, is om heuning in gelyke dele met warm water te meng. 
  • Dit te laat afkoel en dan die oë daarin was of om direk in die oë te sit.
  • As jy in iemand se vuis vasgeloop het en jou oë is blou dan neem jy warm engelse sout water -.mengsel van 1 teelepel engelse sout in 1 koppie warm water en gebruik 'n stukkie watte om die oog te was met die engelse sout water en week dan skoon watte in die water en gaan le en sit dit op die oog.
  • Gooi 'n knippie koeksoda in koue gekookte water en vryf oor oë om swelling en jeuk te behandel.
  • Was die seer oë met flou louwarm tee of soutwater en drup dan 2 druppels kasterolie in elke oog.
  • Bind toe sodat daar nie lig inkom nie.
  • Was die seer oë met suikerwater.


Omlope


  • Maak 'n 2ml fitterjoel so fyn soos poeier en maak aan met vars room en smeer rondom die omlope 3 maal per dag.
  • Dit sal die omlope heeltemal wegvat.
  • Maak 'n pasta van heuning en kaneel wat bestaande is uit gelyke dele en smeer aan die omlope saans en soggens.
  • Gebruik vir so twee weke en alle tekens van die omlope sal weg wees.
  • Maak 'n pleister van klapperolie en blomswael en smeer aan.


Ore


  • As daar 'n voorwerp in die oor is, draai oor na onder en trek oorlel in verskeie rigtings – dalk val item uit.  Indien nie – sit gom op vuurhoutjie – trek oorlel op en agtertoe – steek versigtig in tot op item – wag tot gom bietjie droog – trek versigtig uit.
  • As jy 'n insek in die oor het, gooi bietjie kookolie in oor – insek sal versmoor.
  • As jy 'n insek in die oor het, hou lig voor oor – insek kan dalk uitkruip.
  • As jy 'n insek in die oor het, moet jy pyprook in die oor inblaas, dit sal dat hy loskom en uitkom.
  • Jy kan ook tabak in water week en dan van die water in die oor inspuit, dit sal ook dat hy gou uitkom.
  • As jy 'n insek in die oor het, spoel oor met louwater uit – gebruik spuitnaald
  • As 'n kind steek in die ore het, dan smeer jy voor en agter die oor met samboksalf en sit ook 'n watte pluisie met Zamboksalf in die oor.
  • Vir oorpyn, druk kwart knoffelhuisie fyn, sit in stukkie watte en druk in oor.
  • Vir oorpyn, druppels van louwarm knoffelsap of uiesap kan ook in die oor gegooi word – fyn stukkies moet nie saam in oor in nie.
  • Vir oorpyn, gooi skoon gliserien of warm soetolie in die oor en sit pluisie in. Sit sal die oor gou genees al sweer dit.
  • Vir oorpyn, gooi so 'n paar druppels brandewyn in 2ml gliserien en maak louwarm oor 'n kers.
  • Gooi in die oor en sit stukkie watte in. Herhaal indien dit nodig is.
  • Vir oorpyn, neem een groot ui, warm dit op in die mikrogolf oond, draai dit toe in 'n kombuislappie en hou dit vir 'n half uur so naby aan jou oor as moontlik. Maak seker as jy gaan slaap om 'n lappie oor jou kussing te gooi, want as daar opgeboude was in jou oor is sal dit uitloop!  Die 'aroma' van die ui is ook 'n antibacterial, en die hitte werk wonders vir die pyn!
  • Vir oorpyn, sit heuning op watte pluisies en steek dan in die seer oor dit werk vinnig en die pyn is gou weg.
  • Vir oorwas, gooi 1 teelepel warmgemaakte amandelolie in oor – lê oor op kussing met beskermingslappie op. 
  • Daarna drup knoffelolie in oor en slaap met wattetjie in oor – herhaal tot oor reg is.


Skok


  • Drink suikerwater of 'n bietjie rooipeper in louwarm water of 'n vars uitgedrukte suurlemoen in louwarm water.


Slaaploosheid


  • As jy aan slaaploosheid ly drink gerus net voor jy in die bed klim a beker warm melk waarby een desertlepel heuning gevoeg is.  Dit sal help om jou kalmer te maak en sodoende makliker en rustiger te slaap.
  • As jy sukkel om te slaap: Drup net so 'n paar druppels laventelolie (lavender olie) op jou kussing.
  • Dit maak 'n mens so rustig en kalmeer jou sodat jy beter kan slaap.
  • Drink 'n koppie warm camomile tee net voor bedtyd.
  • Gooi lekker reukwater in 'n warm bad en lê bietjie daarin voor jy saans gaan slaap, dan is jy lekker ontspanne en sal dan sommer aan die slaap raak.
  • Mint in slaaie of in kookwater laat trek en drink voor slapenstyd.


Sooibrand


  • Lê snags meer op jou linkersy – moeiliker vir maagsuur om na slukderm te gly
  • Drink 2 eetlepel skoon suurlemoensap of versapte rou aartappel
  • Drink kamilletee nadat jy geëet het.
  • Drink gemmerpoeier in louwarm water.
  • Eet 'n  piesang of 'n appel.
  • Drink halwe koppie water met sap van 1 suurlemoen en 1 teelepel koeksoda na etes.
  • Drink 2ml engelse sout in glas water.
  • Drink elke dag apelasyn in louwarm water 'n 30 minute voor ete.


Sonbrand


  • As jy oor jou hele liggaam deur die son gebrand is kan jy 'n lekker koel bad neem waarby jy een koppie asyn gevoeg het.  Dit verlig die brandgevoel deeglik.
  • Bad in koue water (so koud moontlik) met bietjie koeksoda in badwater.
  • Gebruik 'n ligte pasta van koeksoda om sonbrand te behandel.  
  • Jy kan Aloe-Vera Jel gebruik as jy deur die son gebrand is.  Dit help om die seer vel af te koel, smeer sommer dik aan.
  • Jy kan sommer melk of yoghurt aansmeer waar die son jou gebrand het.  Smeer sommer kort-kort aan tot die brand weg is.
  • Maak groot kastrolvol sterk rooibostee, gooi dan in die badwater en bad daarin.
  • Smeer komkommersap aan of smeer sommer versigtig met die komkommer.


Spiere


  • As jy 'n kramp in die been het, vat die tone en druk dit boontoe en staan op koue vloer totdat kramp verdwyn.
  • Vir krampe of spierpyne, week koolblare in warm water en sit 2 keer per dag op aangetaste deel.
  • Vir krampe, meng Deep Heat met 'n pakkie Grandpa poeier en vryf in op seer plek.
  • Vir spier krampe, neem magnesium pille (groen blaargroentes, advokado, pampoen, sonneblomsade, melk, all bran, pasta, piesangs, ens.)
  • Vir spier styfheid, gooi 'n handvol sout in warm water en doop nou 'n flennielappie daarin en draai uit en sit om die nek en sit nog 'n lap of handdoek daaroor om te verhoed dat trekke die nek erger styf maak.
  • Vir spier styfheid, gooi 'n halwe koppie appelasyn in badwater.
  • Vir spier styfheid, smeer goed met kamferolie en maak warm toe.
  • Vir spier styfheid, smeer met klapperolie soggend en saans en doen dan buig en beweeg oefening liggies.
  • Vir spierpyne, sit 'n warm of koue kompressie op.


Verstuiting


  • Gooi 'n groot handvol growwe sout in 'n groot emmer koue water en hou die verstuite enkel of arm daarin vir so 'n halfuur.  Week dan 'n ou flennie lap en bind om die verstuite deel. Vervang kort-kort soos die lap droog word.
  • Week die ledemaat 3 maal per dag in die pekel water.
  • Meng 3 eetlepels terpentyn, 3 eetlepels asyn en die geel van 1 eier in 'n bottel en skud baie goed tot die mengsel wit is.  Smeer aan die verstuite deel.
  • Vat gewone asyn en smeer die verstuite ledemaat goed.


Swelling


  • Rol 'n gholfbal onder jou voete op lang vlugte om swelling te voorkom.
  • As jy gepla is van bene wat swel kan die volgende dalk van hulp wees.  Neem 10ml kanferbrandewyn, 10ml asyn, 10ml terpentyn, 10ml soetolie, 10ml sout. Skud goed en smeer aan pynlike plekke.


Tande


  • As die tand 'n gat in het moet jy 'n stukkie watte vat en skoonteer aansit en dit dan mooi rond maak.
  • Druk dit dan in die gat in die tand.
  • As jy tand getrek het en dit wil nie ophou bloei nie, neem dan 'n rosyntjie en sny oop en sit dit op die gat waar die tand getrek is.
  • Byt 'n heel kruienaeltjie van op die seer tand op verligting te kry - die naeltjie verdoof die pyn.
  • Maak 'n pasta van een teelepel kaneel en vyf teelepels heuning en sit op die seer tand.
  • Doen dit minstens drie keer per dag tot die tand ophou pyn.
  • Maak asyn warm tot kookpunt en steek dan 'n watte pluisie daarin en vryf die tandvleis daarmee.
  • Die asyn moet so warm moontlik wees. Steek dan die pluisie met warm asyn in die tand.
  • Maak knoffelhuisie fyn, sit in 'n wattetjie, maak klam met warm water en sit op tand.
  • Meng 1 teelepel kaneel met 5 teelepel heuning – sit op tand tot pyn verdwyn.
  • Sit 2ml koeksoda in 'n halwe glas lou water en neem daarvan in die mond en hou dit daar. Herhaal tot die tandpyn ophou.
  • Spoel jou mond kort-kort uit met 1 koppie water en 2 eetlepels appelasyn en smeer Icy-Hot op jou wang aan die kant waar die tand pyn.
  • Vryf ys agter op jou hand en op vel tussen duim en wysvinger.


Vergiftiging


  • As iemand gif ingekry het dan meng jy 1 koppie melk, halwe koppie asyn en 1 teelepel koeksoda en meng goed. 
  • Skud sommer die bottel waarin die mengsel is baie deeglik en gee dan vir die persoon om te drink dat hulle kan opgooi.
  • Herhaal die dosis net om seker te maak dat hulle als opgebring het en dan sal hulle reg wees.
  • As iemand kosvergiftiging het .soos mossels of vis dan moet hy gou 'n sterk mengsel van suurlemoensap en asyn drink en dan getrekte kruisement water.
  • As iemand seepsoda ingekry het moet jy dadelik 3 eetlepels asyn en 2 eetlepels klapperolie meng en vir hom ingee. 
  • Hou aan tot alles uit is.
  • Neem 'n glas vol water so warm as moontlik, voeg een teelepel vol mostert daarby en drink so warm as moontlik.
  • Dit sal uitkom, herhaal tot alles uit is.
  • Vir wanneer een persoon vergiftig is neem dan een glas warm water so warm as moonlik.
  • Gooi een teelepepvol mostert daarin. Drink so warm as moontlik. Die gif sal uitkom. Herhaal todat al die gif uit is.


Vratjies


  • Krap die vratjies stukkend en strooi fyn tafelsout daarin.
  • Maak 'n stukkie houtskool fyn en meng met vars room tot a pap. Smeer aan die vratjie 2 maal per dag.
  • Meng bietjie sout en asyn en smeer aan die vratjies voor jy gaan slaap.
  • Smeer die melksap van die melkbos of vyeboom aan die vratjie.  Dit jeuk nogal, maar hou daarmee aan totdat die vratjie afval.
  • Smeer kort-kort pepermentdruppels of jamaikagemmer of Teetree-olie aan.
  • Sny 'n ui/aartappel in die helfte en vryf dit oor die vrat.
  • Vat 'n stukkie watte en doop dit in asyn en tik dit aan die vratjies 3 maal per dag.
  • Verf die vratjies met kleurlose naellak, dit versmoor die vratjie.
  • Vat dun suurlemoenskyfie – doop in asyn en sit pleister op – oornag – vervang elke 5 dae.
  • Sit Krokasalf (by apteek te kry) op – gebruik pleister met gatjie in met gewone een bo-oor – los oornag aan – indien vratjie heeltemal dood is – krap dit af met ’n messie – wees versigtig – Indien nog seer – herhaal.


Wintershande en Atleetsvoete


  • As dit wit geryp is in die oggend moet jou kaalvoet in die ryp gaan loop en ook jou hande op die gras vee waar dit geryp is help vir daardie pynlike wintershande en -voete.
  • Gooi 'n halwe koppie melk, die sap van 1 suurlemoen, 1 eetlepel spiritus en 1 teelepel gliserien in 'n botteltjie en skud goed om te meng. Smeer aan.
  • Koop Circulation Formula van dr Vogel (dis homopatiese druppeltjies wat mens in water drink) of Emulsifying Ointment BP (ruik soos kar olie en is vetterig) of Miracle Comfrey of Traxa.
  • Koop leë kapsules by 'n apteek en vul hulle met Cayenne Pepper, drink een daagliks.
  • Laat jou dokter vir jou "paroven" pille voorskryf. .
  • Maak wattetjie nat met Lennon se Witdulsies en smeer aan.
  • Wanneer jy dit aansmeer, jeuk dit vreeslik vir die eerste rukkie, maar dan kalmeer dit.
  • Meng 1 botteltjie turlington, 1 blik boorsalf, 1 blik zinksalf, Vaseline (dieselfde hoeveelheid as boorsalf) goed en smeer aan voete.
  • Meng een klein Campher Cream blikkie (die wit een) met 5 Grandpa poeiers. Smeer dit  3 keer 'n dag aan jou hande en voete.
  • Meng kerswas met parafin 50/50 en smeer soggens en saans aan. Dit help ook vir gebarste voete in warm weer wanneer sandale gedra word
  • Probeer melksalf of meng olyfolie en suiker en vryf goed in en spoel suiker af en droog liggies af en vryf die hande tot al die olie geabsorbeer is
  • Smeer 'n paar keer per dag turlington aan. Dit brand maar dit werk goed.
  • Smeer ‘Dubbin’ skoenpolitoer of lampolie of terpentyn aan.
  • Smeer spiritus aan (pasop dit brand) dan friars balsam (brand ook erg) dan babapoeier vir die taaiheid. Dit werk baie vinniger as enigiets wat jy in die winkels of apteke kan koop. Belangrik: Nie geskik vir mense wat alergies is vir seekosse (jodium) nie!
  • Vir wintershande, voete, gebarste hakskene, en selfs vir ekseem:  Meng 2 x 500 gram potjies Aqeuousroom, 50ml Gliserien, 1 klein potjie wit Vaseline (reukloos), 100g Johnson's babapoeier saam en smeer mildelik aan die aangetaste dele.