

Life is God's gift to you...what you do with your life, is your gift to God!
BESKUIT | BRODE |
ANYSBESKUIT: ( Een, twee, drie)
Bestandele
375g botter of margarien
4 groot eiers
4 groot eiers
2.5ml kremetart
470ml suiker
4x500gbruismeel
10ml sout
1 liter kookmelk
Smelt margarien of botter en suiker, laat afkoel en klop eiers by. Sif droë bestanddele saam en voeg saam met die kookmelk by eiermengsel. Voeg anys by en maak aan tot ‘n deeg. Laat 5 minute staan. Rol in balletjies en pak teenmekaar in 2 gesmeerde broodpanne van 220x120mm. Bak vir sowat 1 uur in voorverhitte oond by 180C tot gaar. Laat afkoel en droog beskuit uit.
Bestandele:
550g bruismeel
250g Nutty Wheat
50g gekapte pekanneute
100ml sonneblomsade
500g koue botter, in klein blokkies gesny
500ml karringmelk
10ml asyn
15ml bakpoeier
500ml geroosterde muesli
50g gekapte okkerneute
50ml sesamsade
100ml pampoensade
380g suiker
2 groot eiers
Sif die bruismeel en bakpoeier saam. Voeg die Nutty wheat, neute en sade by. Voeg die botter by en vryf dit met jou vingerpunte in tot dit goed gemeng is. Klop die karringmelk, asyn en eiers saam. Voeg dit by die meelmengsel en roer tot al die bestanddele goed gemeng is. Verdeel die mengsel tussen twee broodpanne van 29x12cm. Bak 50-60 minute lank in vooraf verhitte oond van 180C, of totdat mespunt skoon uitkom. Haal die beskuit uit die panne en sny dit in stukke. Verlaag dan die temperatuur tot 100C en bak dan die beskuit tot dit heeltemal uitgedroog is.
Bestandele:
750 ml melk
750 ml suiker
500 g botter of margarien
25 ml sout
3,75 kg koekmeelblom
3 pakkies kitsgis
1 liter water
3 eiers,geklits
Meng meelblom, kitsgis en sout saam. Kook melk, suiker, botter en water saam (oppas vir oor kook). Laat afkoel tot lou. Voeg eiers by. Voeg melkmengsel by meel en meng. Knie goed deur. (Indien 'n bietjie styf, voeg nog melk by.) Maak warm toe en laat rys vir ongeveer 1½-2 uur of tot dubbel die grootte. Vorm balletjies, sonder om af te knie, en sit in gesmeerde panne. Laat rys op 'n warm plek tot dit in grootte verdubbel het. Bak vir 1 uur in 'n warm oond (180 C). Net voor dit uitgehaal word, word glasuursel opgesmeer. (Klits 10ml suiker met 12.5ml melk en smeer bo-oor.) Sit terug in die oond tot dit blink en goudbruin is. Keer uit op afkoelrakke. Sodra dit koud is, breek in stukke en droog uit in lou oond, 100 C vir ongeveer 5 tot 6 uur.
Bestandele:
1 kg volkoringmeel
500 ml koekmeel
250 ml klapper
500 ml fyngedrukte graanvlokkies
200 ml pitlose rosyne
125 ml sonneblomsaad
55 ml bakpoeier
10 ml sout
500 ml suiker
250 g margarien, gesmelt
250 ml sonneblomolie
1 liter kookwater
Stel die oond op 180C. Meng al die droë bestanddele, behalwe suiker saam. Giet die gesmelte margarien in ´n ander mengbak en voeg die suiker, olie en kookwater by. Meng. Voeg by die droë bestanddele en meng goed. Skep deeg in 2 gesmeerde broodpanne. Doop ´n mes in warm water en sny die deeg in blokkies. Bak sowat 1 uur, of tot gaar, in die voorverhitte oond. Laat effens afkoel in die panne. Keer uit, breek in stukke en droog uit.
Bestandele:
9x250ml volkoringmeel
4x250ml koekmeelblom
45ml vlapoeier
25ml koeksoda
15ml kremetart
20ml sout
500ml suiker
6x250ml (1.5liter) karringmelk
500ml olie
60ml druiwe asyn
Voorverhit die oond tot 180C. Spuit twee groot broodpanne van 34x11x7cm met kleefwerende kossproei of smeer goed met botter of margarien. Sprinkel ‘n bietjie volkoringmeel op die boom en teen die kante van die pan. Sif die volkoringmeel, koekmeelblom, vlapoeier, koeksoda, kremetart en sout saam in ‘n groot mengbak. Voeg die semels wat in die sif agtergebly het, weer by. Voeg die suiker by meelmengsel en meng goed. Meng die karringmelk, olie en druiweasyn en voeg by. Meng goed deur met houtlepel. Skep in voorbereide panne en maak gelyk bo-op. Bak 1 uur lank of tot gaar en ligbruin van bo en totdat ‘n toetspen skoon uit die middel van die beskuit kom. Laat effens afkoel en keer uit of draadrakke om heeltemal af te koel. Sny in stukke en droog uit by 100C. Lewer ongeveer 110 stukke.
Bestandele:
500ml Maltabella meel
750ml koekmeelblom
500ml semels
500ml suiker
2ml sout
10ml bakpoeier
10ml kremetart
10ml koeksoda
250g margarien
750ml karringmelk
Voorverhit die oond tot 180C. Smeer twee panne met margarien. Meng al die droë bestanddele, insluitende die rysmiddels, in ‘n groot mengbak goed saam. Smelt die margarien. Laat effens afkoel en voeg die karringmelk by. Voeg by die droë bestanddele en meng deeglik deur. Skep in die voorbereide panne en bak sowat 60 minute lank of totdat die toetspen skoon uit die beskuit kom. Keer uit, en laat heeltemal afkoel. Sny in vingers en plaas op bakplate. Droog uit by 100C.
Bestandele
650 g koekmeelblom
15 ml kremetart
12,5 ml sout
400 g suiker
250 g botter, by kamertemperatuur,
250 ml karringmelk
10 ml koeksoda
1 eier
Voorverhit oond tot 200C. Smeer 'n rolkoekpan van 45x30x2cm of bespuit dit met kleefwerende middel. Sif die koekmeeblom, kremetart en sout saam. Voeg die suiker by en meng. Vryf die botter met die vingertoppe in die meelmengsel in totdat dit fyn gekrummel is. Meng 25 ml van die karringmelk met die koeksoda. Voeg dit by die meelmengsel. Klits die res van die karringmelk en die eier saam. Hou 25 ml van die mengsel om oor die beskuit te verf en voeg die res by die meelmengsel. Meng goed tot 'n deeg. Verdeel die deeg in 8 ewe groot stukke. Fatsoeneer elke stuk op 'n meelbestrooide deegplank om 'n wors van 28 cm en druk dit effens plat. Sny elke wors in 4 ewe lang stukke. Plaas die stukke effens uitmekaar in die pan. Verf die oorblywende 25 ml karringmelk-en-eiermengsel oor die beskuite. Bak hulle sowat 30 minute of tot gaar op die middelste oondrak. Laat die beskuite effens afkoel, breek hulle oop en droog in 'n koel oond uit.
Bestandele:
1kg bruismeel
125ml suiker
500ml semels
250ml volkoringmeelblom
150ml sesamsaad
150ml sonneblomsaad
15ml bakpoeier
5ml sout
2 eiers, geklits
500ml karringmelk
397g kondensmelk
450ml botter gesmelt
Plaas droë bestanddele in ‘n mengbak en meng goed. Voorverhit oond tot 180C. Maak ‘n holte in die middel en voeg die eiers, karringmelk, kondensmelk en botter by en meng goed. Smeer 3 middelslag broodpanne met botter. Verdeel mengsel tussen panne en maak gelyk bo-op. Bak sowat 45 minute lank by 180C of tot goudbruin en deurgaar. Laat vir 5 minute in panne afkoel, keer versigtig uit en laat heel temal afkoel. Sny beskuit in vingers en pak effens uitmekaar op bakplate. Laat oornag in ‘n koel oond (60-70C) uitdroog. Plaas ‘n lepel in die oonddeur sodat die vog kan ontsnap.
BRODE
Bestandele:
250ml olie
3 eiers
250ml gouestroop
250ml louwarm water
5ml koeksoda opgelos in 60ml louwarm water
750ml koekmeelblom
knippie sout
5ml bakpoeier
15ml fyn gemmer
10ml gemengde speserye
250ml suiker
Voorverhit die oond tot 180C. Smeer twee broodpannetjies met margarien. Klits die olie, eiers, gouestroop en water saam in 'n mengbak tot goed gemeng. Sif die droë bestanddele een vir een oor en voeg dan die suiker by. Klits tot goed gemeng, sowat 5 minute. Giet in voorbereide panne.
Bak sowat 45 minute lank of totdat 'n mespunt skoon uit die middel van die brood kom. Laat effens afkoel en keer op 'n draadrak uit. Laat heeltemal afkoel en bedien met botter.
Bestandele:
375g fyn gekerfde dadels
5ml koeksoda
125g margarien in klein blokkies gesny
250ml kookwater
190ml suiker
1 eier, geklits
5ml vanilla essens
500ml meelblom
5ml bakpoeier
125ml gekapte neute
Plaas die dadels, margarien en koeksoda in ‘n mengbak. Gooi kookwater bo-oor. Roer en laat staan om koud te word. Klits eier, suiker en vanilla essens goed en gooi by die dadelmengsel. Sif meelblom en bakpoeier saam en vou by die dadelmengsel in. Gooi neute by en meng goed. Bak 1 uur lank in ‘n voorverhitte oond van 180C in ‘n gesmeerde broodpannetjie.
Bestandele:
600ml witbroodmeel
560ml volkoringmeel
600ml bruinbroodmeel
1x10g kitsgis
sout na smaak
500-750ml warm water
Meng die meel, gis en sout in 'n groot mengbak. Maak 'n holte in die meel en voeg 500ml van die water by. Meng met 'n lepel tot 'n stywe deeg vorm. As die deeg te styf is, kan nog water bygevoeg word. Knie deeg op 'n houtplank wat liggies met meel bestrooi is, tot glad en elasties. Vorm die deeg in twee gesmeerde broodpanne, bedek en laat rys tot dubbel die volume. Bak 40-60 minute in 'n voorverhitte oond by 200C. Laat op 'n draadrak afkoel.
Bestandele:
Sap en skil van 1 lemoen
250ml rosyne
1 eier, effens geklits
30ml botter, gesmelt
500ml koekmeelblom
5ml bakpoeier
2ml koeksoda
2ml sout
125ml suiker
100g pekanneute, fyngekap
Voorverhit die oond tot 180C. Smeer ‘n broodpan van 23x13x7 cm met margarien. Vul die lemoensap aan met water tot 250ml. Voeg die gerasperde lemoenskil asook die die rosyne by. Meng die eier en botter en voeg by. Meng goed. Sif die koekmeelblom, bakpoeier, koeksoda en sout saam. Voeg die suiker en gekapte pekanneute by en meng deur. Voeg die lemoensap mengsel by die droë bestanddele en meng deeglik. Skep in voorbereide pan en bak 1 uur lank of tot gaar. Laat effens afkoel en keer uit op ‘ draadrak. Laat heeltemal koud word voordat dit gesny word. Dien op saam met botter.
Bestandele:
1kg witbroodmeel
15ml sout
10ml suiker
1x10g Anchor kits droëgis
20g botter
625ml lou water
Sif die meel, sout, suiker en gis saam. Vryf botter by droë bestanddele in. Voeg lou water by en meng tot 'n sagte deeg. As die deeg te droog is, kan nog bietjie water bygevoeg word. Knie deeg tot sag en elasties. Plaas in 'n olie gesmeerde mengbak, bedek en laat 20 minute lank rus. Nadat deeg gerys het, knie af en verdeel in 2 ewe groot dele, vorm en plaas in gesmeerde broodpanne. Bedek en laat rys op 'n warm plek, 35-40 minute lank of tot dubbel die hoeveelheid deeg. Bestryk met water en bak in voorverhitte oond by 200C, vir 35 minute of tot gaar.
Bestandele
5 x 250 ml gaar koringkorrels
6 x 250 ml bruinbroodmeel
2 x 10 g kitssuurdeeg
25 ml sout
60 ml bruinsuiker
125 ml kookolie
1 liter louwarm water
Meng die koringkorrels, bruinbroodmeel, suurdeeg en sout in´n mengbak. Plaas die suiker, olie en water in ´n ander mengbak en roer tot goed gemeng. Voeg dié mengsel by die droë bestanddele en roer goed deur. Skep die deeg in twee gesmeerde broodpannetjies Laat op ´n warm plek rys tot gelyk met die borand van pan. (Dit duur sowat ´n halfuur; die brood rys ook terwyl dit bak.) Stel intussen die oond op 200C. Wanneer die deeg gereed is, bak sowat een uur tot gaar in die voorverhitte oond. Die brood is gaar as ´n mens ´n hol klank kry wanneer jy dit onder met die kneukels klop.
Bestandele:
125g botter
250g strooisuiker
2 ekstra-groot eiers
30ml joghurt of suurmelk
5ml vanieljegeursel
6 ryp, fyngemaakte piesangs
60ml gekapte neute (opsioneel)
250g koekmeel
5ml koeksoda
1,5ml sout
Room die botter en strooisuiker saam tot lig en donsig. Klits die eiers liggies met 'n vurk en voeg dit saam met die joghurt en vanieljegeursel geleidelik by die bottermengsel. Vou die piesangs en neute in. Sif die koekmeel, koeksoda en sout twee maal saam. Vou dit in die piesangmengsel tot goed gemeng. Smeer en voer 'n broodpannetjie met botterpapier uit. Giet die beslag daarin. Bak dit 50-60 minute in 'n voorverhitte oond by 180 C tot goudbruin en stewig. Laat heeltemal afkoel.
Bestandele:
500ml polenta
250ml koekmeelblom
2.5ml sout
5ml bakpoeier
2 eiers, geklits
125g botter, gesmelt
50ml heuning
250ml karringmelk
papawersaad om oor te sprinkel
Voorverhit die oond tot 200C. Voer ‘n broodpan uit met papier en smeer. Meng die droë bestanddele. Voeg eiers, botter, heuning en karringmelk by en roer tot gemeng. Skep in broodpan en sprinkel papawersaad oor. Bak vir 35 minute. Keer uit en laat afkoel.
